Is jy die volgende slagoffer van whatsapp kaping?
Tydens die FWA se misdaadopnames het ons opgemerk dat kubermisdaad met rasse skrede toeneem. In die afgelope paar maande is van ons lede ook geraak deur kubermisdaad. Dit veroorsaak groot ongerief vir die eienaar van die foon,
asook vir enige kontakte van daardie persoon.
Ons versoek lede om waaksaam te wees. Eerstens moet jy jou WhatsApp toepassing beveilig, soos hieronder aangedui.
Alle gebruikers: WhatsApp > Settings > Privacy > Advanced > aktiveer boonste twee opsies. Vir verdere inligting, klik by die eerste opsie by “Learn more”. Daar is nogal insiggewende inligting wat baie trauma kan voorkom.
Hieronder is ‘n paar riglyne om verdagte boodskappe te kan Identifiseer:
- Tikfoute en taalfoute in die boodskap.
- Boodskappe wat verwag dat jy op ‘n skakel moet klik, of ‘n nuwe kenmerk deur ‘n skakel te aktiveer, of om ‘n toepassing af te laai.
- Versoeke om jou persoonlike inligting te deel, soos jou kredietkaart- of bankrekeningnommer, geboortedatum of wagwoorde.
- Versoeke om ‘n boodskap aan te stuur (hierdie een is gewild, hulle vra jou om ‘n kode aan te stuur. Dit is gewoonlik ‘n kontakpersoon wat bekend is aan jou) – moenie hierdie kode aanstuur nie en kontak dadelik jou kontakpersoon.
- Versoeke om geld of dat jy moet betaal om WhatsApp te gebruik
- Die swendelaar gee voor dat hulle iemand is wat jy ken Die boodskap kan gaan oor lottery, dobbelary, werk, beleggings of lenings, ens.
- Die persoon begin met jou praat om jou vertroue te wen voordat persoonlike inligting versoek word.
Opsomming vanaf WhatsApp > “Settings”:
- As ‘n boodskap verdag lyk, moenie daarop klik, deel of aanstuur nie.
- Beoordeel die boodskap volgens die riglyne soos aangedui hierbo.
• Sit terug en dink
• Stop die gesprek - As jy onseker is of dit ‘n verdagte boodskap is, kontak die persoon op enige ander manier as die selfoon. Wanneer bevestiging ontvang word dat dit nie jou kontak is wat die boodskap gestuur het nie, dan
• Blokkeer en rapporteer
• Opdateer jou privaatheid- en sekuriteitstellings