Om n projek suksesvol af te handel, is ‘n span nodig.
Om ‘n huis te bou, is daar bouers, verwers, elektrisiëns, loodgieters, ens. nodig om ‘n sukses van die projek te maak. ‘n Verdere vereiste is dat elkeen van daardie vaardighede óf aangeleer moet word, óf deur opleiding verwerf moet word.
Die FICH-Net-radionetwerk moet as ‘n span funksioneer. Om funksioneel en effektief te wees, moet daar nie gebroke skakels wees nie. Almal se radio’s moet in ‘n werkende toestand wees en korrek gebruik word. Radiolede moet te alle tye paraat wees vir enige gebeurlikheid of noodsituasie. Die radio moet nooit ‘n frustrasie word nie, want dit is jou laaste lewenslyn! Die radio is maklik om te gebruik, vinnig om hulp te verkry.
‘n Lid moet ‘n radio met die regte gesindheid aankoop. Vir jou eie veiligheid, maar jy het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor ander lede. So behaal FICH-Net radionetwerk sukses op sukses!
Die voorsitter sê altyd: “Dit is die vyf vingers wat die vuis maak!” Hoe waar is dit nie, want elke vinger het ‘n spesifieke doel, en die hand kan nie ten volle funksioneel wees as ‘n vinger ontbreek of dalk beseer is nie.
Hierdie beginsel kan ook op die FICH-Net-radionetwerk van toepassing gemaak word. Elke radiolid het ‘n funksie, naamlik om die oë en ore van die sekuriteit span te wees deur “kleinjakkalsie- voorvalle” aan te meld voordat dit groter insidente word.
Daar is van die radioroepseine met ‘n hele aantal radio’s in een straat. Op hierdie wyse kan misdadigers gevolg word in hul bewegings as elke radiolid rapporteer. Die sekuriteitsbestuurders kan nie oral op dieselfde tvd wees nie, maar kan wel meer doelgerig optree as hulle leidrade ontvang.
Dit gaan alles oor samewerking tussen groepe, soos byvoorbeeld die patrollieryers of die sekuriteitsmaatskappe wat in ons buurt werk.
Effektiewe kommunikasie is van uiterste belang in noodsituasies!
WORD DEEL VAN DIE DROOM OM IN ‘N 100% MISDAADVRYE FICHARDTPARK TE WOON.
Slegs vir FWA Lede.
Bestel jou radio vandag.
Kontak ons vir meer Inligting:
Johanna Venter (083 501 0065 of fichnet@fichardtpark.org)