NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Veiligheidswenke en onwettige storting

Misdaad aangemeld in Julie 2019

Huisinbrake

Van Launsingel

Schnehagesingel

Jan Enslinstraat

Rautenbachstraat

Poging tot huisbrake

Piet Krugerstraat

Diefstal uit motorvoertuie

Mettamstraat

Bewusmaking en misdaadvoorkoming: ons modus operandi

Die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie versoek dat FWA-lede versigtig en waaksaam moet wees wanneer u by u woning aankom of vertrek, bedags sowel as saans. Wanneer u die woning verlaat, maak seker daarvan dat die nodige voorsorg getref is deur die nodige veiligheidsmaatreëls in plek te stel.

Watter wonings word geteiken?

  • Wonings met swak beligting
  • Wonings sonder alarmstelsels
  • Wonings waar posstukke nie gereeld verwyder word nie

Toegang tot die erf en die woning

  • Motorhekke word van hulle spore afgelei
  • Inbrake deur agterdeure, voordeure, veiligheidshekke en vensters

Watter items word tydens huisbrake en-diefstalle geteiken?

  • Televisies
  • Skootrekenaars
  • Selfone
  • Juwele
  • Voedsel              

  Malcolm Mostert


Dink u aan aanbou?

Wanneer u besluit om by u woning aan te bou of veranderinge aan te bring, is dit belangrik om te weet watter regulasies van toepassing is en hoe om munisipale goedkeuring te verkry. Hier is ’n paar voorbeelde van bou- of strukturele veranderinge waarvoor geen goedkeuring van planne nodig is nie.

  • Braaiplekke sonder ’n skoorsteen
  • Gereedskaphuisies kleiner as 10 m2
  • Speelhuisies vir kinders, kleiner as 5 m2
  • Kweekhuise kleiner as 15 m2
  • Pergolas
  • Motorhekke wat nie gedeeltelik op die sypaadjie is nie
  • Vervanging van vensters of deure (waar die bestaande rame nie lasdraend is nie, openinge nie vergroot word nie, of openinge wat as branduitgange vereis word nie verwyder word nie)
  • Interne mure wat nie lasdraend is nie
  • Vervanging van dakplate of dakteëls
  • Installering van ’n nuwe toilet, bad of geyser (of verskuiwing van hul posisies)

U mag dalk van mening wees dat indien die verandering klein is of binne u woning is, dit nie nodig is om bouplanne in te dien nie. Dit is egter nie altyd die geval nie. Bouplanne word vir die volgende vereis:

  • Die verwydering, verskuiwing of aanbring van interne mure wat die strukturele betroubaarheid van u woning verander
  • Die verhoging of verlaging van mure
  • Die verskuiwing van of verandering van vensters en deure se groottes
  • Verandering ’n vertrek se gebruik (byvoorbeeld, ’n motorhuis word in ’n bewoonbare spasie verander)
  • Omskepping van ’n motorafdak tot ’n motorhuis
  • Toemaak van ’n bestaande patio
  • Die byvoeging van ’n middelvloer

Chanté van Biljon

Benodig patrollieryers

Sekuriteit is een van die FWA se top prioriteite. Ons vra dus dat ons lede saam met ons patrolliediens doen. Ons benodig minstens nege bestuurders per patrollie. Indien u belangstel daarin om vrywillig u tyd beskikbaar te stel om die veiligheid van u woonbuurt te verbeter, kontak ons asseblief by 076 277 3022

Onwettige storting bly ‘n probleem

Die onwettige storing van vullis gebeur op verskillende maniere. Party voorbeelde sluit in (i) die storting van huishoudelike vullis of tuinafval op nabygeleë verkeerseilande of in parke, en (ii) die storing van bourommel op openbare ruimtes.

Die onwettige storting van afval is ’n groot probleem in Fichardtpark en dit het ’n uitwerking op die volgende: Afloopreënwater: onwettige storting kan inbreuk maak  op die natuurlike afloop van water tydens reën of storms en kan moontlik flitsvloede veroorsaak.

Hoe raak onwettige storting u?

Dit is onooglik en dit laat ons woonbuurt onnet lyk. Dit lok ook onnodige sakgrawers na ons buurt. Dit kos die FWA jaarliks duisende rande. Vanaf Feb 2019—op datum is daar reeds 144 vragte verwyder.

Wat kan u doen?

  • Rapporteer asseblief enige onwettige storting by ons 24-uur-noodnommer:  076 277 3022
  • Indien u sien dat iemand onwettig vullis stort, kry beskrywende inligting van die oortreder, neem foto’s van die oortreding, insluitend die nommerplaat van die oortreder se voertuig.
  • Indien u op u eiendom bouwerk doen en bourommel op u sypaadjie het, moet dit asseblief binne 7 dae verwyder word.
  • Wanneer u weeklikse vullis uitsit, onthou dat dit slegs huishoudelike afval mag wees, geen tuinafval nie.
  • Moenie u afval op verkeerseilande plaas nie (dit gebeur algemeen in Castelynrylaan, Benaderylaan, Olive Grinterrylaan en Eric Rosendorfrylaan).

Chanté van Biljon en Jacques Meiring

Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy