Hallo almal, my naam is Ruan, ek is die nuwe gesig wat u in die strate van Fichardtpark sal sien werk saam met my kollegas by die FNA as veiligheidsbestuurder. Ek is ‘n vriendelike persoon wat omgee vir die veiligheid en welstand van elkeen.
Ek is ‘n baie spraaksaam persoon en het ‘n baie goeie werksetiek. Ek is ‘n ekstrovert met ‘n passie vir persoonlike groei sowel as nuuskierig, en leer altyd nuwe vaardighede aan en vergroot my kennis in alle aspekte so gereeld as moontlik.