Sy is verantwoordelik vir al die adminstratiewe pligte by die FWA. Amanda het 28 jaar admin/kliente diens ondervinding en het ook verskeie finansiële kursusse voltooi.

Die FWA is vir haar ‘n unieke en spesiale assosiasie en streef om in al die behoeftes van ‘n woonbuurt te kan voorsien en veral die veiligheid te bevorder. Sy sien haarself as ‘n toegewyde en pligsgetroue persoon, met ‘n passie om, tot die beste van haar vermoë, te kan bydra om in almal se behoeftes te  voorsien en sodoende ‘n vertrouensband te kan skep met huidige en toekomstige kliënte.