Misdaad aangemeld in Januarie 2020
Huisbraakings
Serfonteinstraat
Hannaweg
Steenkampstraat
Rushbystraat
Benaderylaan
Van Iddekinge Laan
Jan Enslinstraat
Poging tot huisbraak
Mc Arthurstraat
Van Launsingel
Diefstal van motorvoertuie
Gustavsingel
De Jagersstraat
Diefstal uit motorvoertuie
Benaderylaan
Mc Arthurstraat
Ons 2020 inisiatiewe
Polyfaag Platbekkewer (Stompkopkewer) identifikasie
Die Polyfaag Platbekkewer het Suid Afrika binnegedring en maak ons bome dood. Die FWA moedig inwoners aan om hul bome te kontroleer vir besmetting en hul waarnemings aan ons te rapporteur. Dit sal ons in staat stel om ‘n databasis te skep wat sal help om die verspreiding van die kewer te verminder.
Neem ‘n boom aan/plant ‘n boom
Bome is ons wêreld se longe en verskaf gesonde lug vir ons in die klimaatkrisis en daarom onderneem ons om dooie bome op sypaadjies te vervang teen geen koste. Kontroleer asb die bome op u sypaadjie en kontak ons indien u vermoed hulle is dood. Ons moedig inwoners aan om nuut aangeplante bome aan te neem, nat te maak en op te pas.
Neem ‘n park aan
Neem u gunsteling park aan in Fichardtpark en help ons om ‘n mooier woonbuurt te skep. U bydrae sal gebruik word om die grasperk te sny, duwweltjies te vergiftig en om speelgoed te verf indien daar is.
Besoek http://fichardtpark.org/af/inisiatiewe/ vir meer inligting oor hierdie inisiatiewe.
Herwinning
Elke tweede Saterdag is daar herwinning wat al ‘n jarelange praktyk in ons woonbuurt is en dit het selfs al inwoners van ander woonbuurte gelok. Ons moedig almal aan om te begin herwin.
Besoek http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/dienste/herwinning/om uit te vind wat herwin kan word.
Status van die Polyfaag Platbekkewer sedert sy ontdekking in Fichardtpark gedurende Maart 2019

Na die ontdekking van die PPBK in Fichardtpark het die FWA leiding geneem en ‘n klein taakspan gestig om bewusmakingsessies te koördineer en te reël. Ons het met Prof Wijnand Swart, professor in plantwetenskappe, president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie en die fakulteit natuur-en landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat gekommunikeer.
In samewerking met Prof Swart het die FWA ‘N bewusmakingsessies gereël om die algemene publiek bewus te maak van die bedreiging wat ons in die gesig staar. Meer as 50 mense het hierdie inligtingsessie op 13 Mei 2019 bygewoon. Bloemnuus was ook teenwoordig en het berig op die vergadering. ‘n Databasis is ontwikkel vir die liggings en positiewe waarnemings, asook moontlike besmettings. Al die inligting wat ontvang is, is vergesel met fotos van die bome wat moontlik deur die kewer besmet is om te sien wat die tempo van besmetting in Mangaung is en die resultaat was kommerwekkend.
Die taakspan het op ‘n gereelde basis vergader en besluit dat opvolg / bewusmakingessies beplan moet word vir die 16de Oktober 2019. 61 mense het die sessie bygewoon. Prof Swart het bewustheid oor die kewer geskep en Dr Gert Marais (UVS) het ook inligting oor die kewer asook pekkanneut boerdery verskaf. Mnr Hilton Fryer van Plantopname van Johannesburg het insette op sy mobiele toepassing gelewer vir die beheer van kewer-geinfesteerde bome. Na die sessie is daar verskillende artikels geplaas in lokale koerante asook ‘n insetsel op die UV se webwerf.
Die uitdaging is groter as wat verwag is en ‘n vergadering is beplan met die Mangaung Metro parke afdeling, die Universiteit van die Vrystaat asook SANBI wat om 18 Februarie 2020 gehou is om die pad vorentoe te bespreek.
Vir meer inligting oor die PPBK en die bome wat in gevaar is epos asb vir Duarthugo99@gmail.com.
U kan ook ‘n afspraak reël om die bome in u tuin te laat nagaan by http://fichardtpark.org/af/campaigns/pshb-identifikasie/
Tans is daar geen wetenskaplike bewese plaagdoders om hierdie indringende kewer to bekamp nie. ‘n Artikel sal in die volgende FWA tydskrif verskyn met al die relevante inligting oor die kewer. Al die mense op die databasis sal ingelig word oor die nuwe ontwikkelings in die bekampling van hierdie vernietigende klein kewer.
Duart Hugo
Inligting oor die verwydering van residensiële vullis
Inwoners is dikwels onseker oor die Munisipaliteit se vereistes vir vullisverwydering nie, veral in die lig van die onlangse onreëlmatige afvalverwante praktyke. Alhoewerl die hele Fichardtpark se vullis eintlike elke Donderdag verwyder moet word ontvang die FWA gewoonlik laat Woensdae inligting oor watter deel van Fichardtpark gediens sal word en dra die inligting dan Donderdaeoggende aan lede oor.
Vullis verwydering grense
- Vir vullisverwydering doeleindes het Mangaung Metro Fichardtpark in 2 areas verdeel – Noord en Suid.
- Suidelike gedeelte se grenslyn is Eric Rosendorf, Olive Grinter, van Iddekinge en Amie Pretorius en al die strate wat binne die grense is. Die Casino is aan die suide vir hierdie doeleindes. Hierdie is Blokke 8–14.
- Die Noordelike gedeelte se grenslyn is van Laun, Du Plooy, Van Rippen en Usmar . Dit sluit ook Benaderylaan en al die ander strate wat binne die grense is. Hierdie is munisipale blokke 1–7.
- Indien u onseker is oor watter gedeelte u in woon kontak asb ons kantore of u kan op die volgende bladsye gaan kyk http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/kaarte/
Tipe afval wat die Munisipaliteit verwyder
- Die munisipaliteit sal slegs 5 swart sakke per huishouding verwyder.
- U sakke sal nie verwyder word indien hulle onredelik vol of baie swaar is nie.
- Ten opsigte van tuinvullis het Mnr Sello More, (hoof van direktoraat vaste afval en vlootbestuur) die volgende stelling gemaak op grond van die aandrang van stadsraadslede en die FWA:
“Unfortunately our new trucks are not sufficiently adapted to carry garden waste. In fact, such waste kills its compacting capacity. Whereas bylaws do allow for the disposing of such minimally, they are a risk for our regular collection and our supplier will nullify our warrantees if we continue to carry such.”
Chante van Biljon