Misdaad aangemeld Julie 2020
Inbraak by sakepersele
Laerskool Fichardtpark Welthagenstraat (x2)
Inbraak by residensiële persele
Benaderylaan
Bornmansingel
Kleynveldstraat
Simpsonsingel (x2)
Usmarstraat
Diefstal van motorvoertuie en motorfietse
De La Cornillerestraat
Joostestraat
Diefstal uit ‘n motorvoertuig
Simpsonsingel
Ons hou ons omgewing skoon: Ons oranje sakke inisiatief
Ons oranje sakke inisiatief het van ‘n idee na werklikheid verander, nadat ons lede tydens die openbare vergadering van Februarie 2020 daarvoor gestem het, en daarom het ons hard aan die projek gewerk om ‘n kwaliteit produk vir ons lede te verseker.
Ons doel met die spesiale ontwerpte vullissakke is om pligsgetroue dienste aan ons lede te verskaf in terme van vullisverwydering.
KOSTE:
- R30 per rol (20 sakke per rol)
- R50 per maand addisioneel, indien die kontrakteur die sakke moet verwyder.
BETALING:
Kontant
WAAR KRY EK DIE SAKKE?
- Die sakke is te koop by die FWA kantoor 9 Altonasingel, Fichardtpark.
- Die sakke kan daagliks aangekoop word tussen 09h00-11h00, vanaf Donderdag 27 Augustus by Susan van Eck of Amanda Barnard.
HOE WERK DIE VERWYDERINGSPROSES?
- Slegs lede met ‘n geldige lidnommer gaan die sakke kan aankoop.
- Lede kan net 5 (VYF) SAKKE PER WEEK UITSIT VOOR HUL HUIS. Slegs 5 (vyf) sakke per huishouding gaan verwyder word. GEEN sakke sal verwyder word as dit op die eiland staan nie.
- Indien daar geen vullisverwydering op ‘n Donderdag gaan plaasvind nie, beteken dit dat al die lede wat oranje sakke aankoop se vullis vir hulle verwyder sal word deur ‘n aangestelde kontrakteur op die Vrydag.
WAT KAN EK IN DIE SAKKE GOOI?
- Enige huishoudelike vullis en
- Klein tuinvullis hopies (blare, gras ens. GEEN TAKKE)
HOE WORD DIT GEKONTROLEER?
- Lede wat die sakke aankoop sal op ‘n databasis geplaas word vir die proses van verwydering. Daarom sal daar slegs 5 (vyf) sakke per adres verwyder word.
Baie dankie aan almal wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het!
Help jy om misdaad te bekamp?
Watter bydrae maak jy tot misdaadbekamping in Fichardtpark, hetsy of jy ‘n FWA lid, FWA radiolid of ‘n nie-lid is? Elkeen (grootmense, kinders, werkers, ens.) het ‘n rol te speel. Almal van ons beweeg in die strate, besoek winkels en parke, ens. Meld jy verdagte persone / aktiwiteite aan by die FWA? Lei jy werkers op om nie vir enige iemand toegang tot die erf te gee nie? Is jy nalatig deur tuisgereedskap, speelgoed, ens. sonder toesig in die erf te laat lê of laat jy kosbare besittings in jou motor wanneer jy inkopies gaan doen? Kyk jy om jou rond wanneer jy by ‘n OTM transaksies doen? Ondersoek jy jou voertuig voordat jy inklim nadat jy inkopies gedoen het?
Onthou ons doelwit is om ‘n misdaadvrye woonbuurt te skep. Is dit moontlik? Ja, dit is, het navorsing al bewys! Dit beteken almal in die buurt moet paraat wees deur klein misdade aan te meld sodat groter misdaad beperk kan word. Dit beteken voortdurende oplettendheid en bewustheid van jou onmiddellike omgewing. Wees dan betrokke en meld dit aan.
Inwoners van Fichardtpark is baie bevoorreg om in hierdie buurt te bly. Of dink jy ook dat jy nie by die FWA gaan aansluit nie, omdat hier nie eintlik misdaad gebeur nie? Het jy al gedink waarom hier nie eintlik misdaad is nie? Dit is as gevolg van die deurlopende sigbaarheid van die sekuriteitspan, die relatief skoon en netjiese woonbuurt, FWA lede wat betrokke is by die aktiwiteite van die FWA.
WATTER ROL SPEEL DIE FICH-Net RADIONETWERK IN ONS DOELWIT VAN ‘N MISDAADVRYE WOONBUURT? DIT IS DIE “RUGGRAAT” VAN DIE FWA MISDAADVRYE PLAN.
- ‘n Gedissiplineerde radionetwerk voorsien goeie kommunikasie en koördinering van gebeure binne die sekuriteitspan.
- As elke huishouding ‘n radio het, kan misdadigers se bewegings makliker gevolg word.
- Verdagte aktiwiteite kan vinnig en maklik aangemeld word.
- Radioroepe kan dadelik hanteer word.
- Lede leer om meer paraat te wees, ook in noodsituasies.
- Lede leer krities en planmatig dink.
WAARMEE HELP DIE RADIONETWERK NOG?
- Hulpverlening aan die SAPD
- Hulpverlening met mediese noodgevalle
- Hulpverlening tydens brande
- Bystand aan lede wat in ‘n noodsituasie verkeer
- Reël die nodige noodpersoneel en/of SAPD teenwoordigheid,
Ons gebruik die ZARTEK ZA-725 radio in die netwerk, maar ander UHF radio kan moontlik ook gebruik word.
Vir inligting, kontak Jannie (083 212 0171) of Johanna (083 501 0665).
Om jou radio te bestel, stuur ‘n epos na fichnetradio@gmail.com teen ‘n eenmalige bedrag van R1150-00.
Vlak 2: Riglyne en die arbeidsmag:
Weet u wat u regte is terwyl die land na vlak twee beweeg?
Spesifieke uitsluitings
- Nagklubs
- Internasionale passasiersvlugte vir ontspanning
- Passasierskepe vir ontspannings doeleindes
- Bywoning van sportbyeenkomste as toeskouers
- Internasionale sportbyeenkomste
- Uitsluitings rakende openbare vervoerdienste is in die riglyne uitgereik deur die kabinetslid verantwoordelik vir vervoer
- Uitsluitings met betrekking tot opvoedkundige dienste is in die riglyne uitgereik deur die kabinetslede wat verantwoordelik is vir opvoedkunde
Werkgewers MOET
- Gesondheidsprotokolle en maatskaplike distansiëringsmaatreëls nakom
- Terugkeer na werk infaseer om sodoende maatreëls in plek te stel om die werkplek COVID-19 gereed te maak
- Terugkeer na werk implementeer in so ‘n mate om die risiko van infeksie te voorkom en te verminder
Bedrywighede in die ekonomiese sektor
- Ondernemings met meer as 100 werknemers moet, waar moontlik, voorsiening maak om die aantal werknemers by die werkplek te verminder deur rotering, verspreide werksure, skofstelsels, reëlings vir tuisgebaseerde werk, of soortgelyke maatreëls om sosiale distansiëring te bewerkstellig en die opeenhoping van te veel persone in openbare vervoer en by die werkplek te beperk
o Tersaaklike gesondheidsprotokolle en sosiale distansiëring moet nagekom word
o Werkgewers moet toepaslike maatreëls tref vir Konstruksie en Vervaardiging. Sake en finansiële dienste met meer as 500 werknemers, moet die toepaslike sektor- of werkplekreëlings nakom om die volgende aan te spreek:
- Verskaf, of reël vervoer vir hul werknemers wat na die perseel kom, of, indien dit nie moontlik is nie, oorweeg reëlings vir verspreide werkstyd
- Versprei die terugkeer na werk, verseker gereedheid by die werkplek en vermy die vervoer van te veel werkers op ‘n slag.
- Sif werknemers daagliks vir simptome van COVID-19 en verwys die werknemer wat simptome toon vir ‘n mediese ondersoek en toetsing waar nodig
- Dien die data wat tydens die siftings- en toetsproses ingesamel is, in by die Direkteur-generaal: Gesondheid
Nakomingsbeamptes
o Privaat en openbare sektor bedrywe, Besighede en Ondernemings moet:
o die plan implementeer
o nakoming van die standaarde van higiëne- en gesondheidsprotokolle
o Ontwikkel ‘n werkplekplan vir die ingefaseerde terugkeer van hul werknemers voor die heropening van die werkplek (Aanhangsel E) en moet behou word vir inspeksie en moet die volgende inligting bevat:
o watter werknemers word toegelaat om te werk
o die plan vir die ingefaseerde terugkeer van werknemers
o gesondheidsprotokolle is in plek
o besonderhede van die COVID-19-beampte
o faseer in die terugkeer van hul werknemers om sodoende die terugkeer van werknemers uit ander provinsies te bestuur
o maatreëls ontwikkel om te verseker dat die werkplek aan die standaard van gesondheidsprotokolle, voldoende ruimte en sosiale distansieëring voldoen
Hierdie artikel is deur Wiehan Schoeman verskaf. Wiehan is ‘n FWA-lid en ‘n Senior Arbeidskonsultant by LabourNet Bloemfontein. Lede kan hom enige tyd kontak vir raad op 083 295 3618