Misdaad aangemeld in Februarie 2020
HUISBRAKE
Theunissensingel
Tennantsingel
Steenkampstraat (2x)
Benaderylaan (2x)
Castelynrylaan
Amie Pretoriusstraat (2x)
Taintonstraat
Stocksingel
DIEFSTAL VANAF/UIT MO-TORVOERTUIE
Hannaweg
Reelerstraat
ROOF
Benaderylaan
Hoe Onwettige Storting U Geld Uit Die Sak Jaag

Die onwettige storing van vullis gebeur op verskillende maniere. Party voorbeelde sluit in (i) die storting van huishoudelike vullis of tuinafval op nabygeleë verkeerseilande of in parke, en (ii) die storing van bou-afval op openbare ruimtes.
Waarom is onwettige storting ’n probleem?
Die onwettige storting van afval is ’n groot probleem in Fichardtpark en dit het ’n uitwerking op die volgende: Afloopreënwater: onwettige storting kan inbreuk maak op die natuurlike afloop van water tydens reën of storms en kan moontlik flitsvloede veroorsaak.
- Esterika: vullis wat onwettig gestort is, is baie onooglik in Fichardtpark se andersins pragtige omgewing.
- Plant- en dierelewe: onwettige storing kan ’n negatiewe uitwerking op baie natuurlike plant- en dierespesies hê wat na gesondheidsprobleme en selfs die dood kan lei.
- Veiligheid en gesondheid: indien afval gestort word in ’n area wat toeganklik is vir die publiek en veral vir kinders – soos in ons parke – word ons aan gesondheid- en beseringsrisiko’s blootgestel.
Hoe raak onwettige storting u?
Omdat u ledegeld betaal, kan die FWA die woonbuurt skoon en veilig hou. Net gedurende hierdie jaar het ons reeds 100 vragte onwettige stortings verwyder, teen die koste van duisende rand. Hierdie werk neem baie tyd en verdeel dus die sekuriteitspan se aandag.
Wat kan u doen?
- Rapporteer asseblief onwettige storting by ons 24-uur-noodnommer: 076 277 3022.
- Indien u sien dat iemand onwettig vullis stort, kry beskrywende inligting van die oortreder, neem foto’s van die optrede, insluitend die nommerplaat van die oortreder se voertuig.
- Indien u op u eiendom bouwerk doen en bou-afval op u sypaadjie het, moet dit asseblief binne 7 dae verwyder
- Wanneer u u weeklikse vullis uitsit, onthou dat dit slegs huishoudelike afval mag wees, geen tuinafval nie.
- Moenie u afval op verkeerseilande plaas nie (dit gebeur algemeen in Castelynrylaan, Benaderylaan, Olive Grinterlaan en Eric Rosendorflaan.

FICH-Mark 2020
Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie het weereens ‘n mylpaal in hul bestaan bereik toe ons op 28 Februarie 2020 ons eie mark van stapel gestuur het.
Alles is moontlik gemaak deur die talentvolle inwoners van Bloemfontein.
Die hoofdoel van hierdie ‘n mark is om finansiële onafhanklikheid te bewerk, veral in die huidige ekonomiese toestande waarin die land haarself bevind. Nog ‘n bepalende faktor was om blootstelling te gee aan mense met talent, asook aan besighede wat tuis bedryf word.
Maandelange beplanning deur ‘n gedugte bestuurspan het gelei tot die fenominale sukses van ons eie mark wat ons stoutste verwagtinge oortref het! Sonder die hulp van ons Voorsitter, Kobus Olivier, en kantoorbestuurder, Jacques Meiring, bygestaan deur Fichardtpark NG kerk se wenspan, sou dieselfde mate van sukses nie bereik kon word nie.
Stalletjies met verskeie produkte het gewissel van leerartikels, kleding, skoene, houtwerk, wateropgaartenks, handwerk, heerlike gebak, skoonheidsprodukte, plante en kosstalletjies het natuurlik die grootste aftrek gekry, want ons nasie hou van smul!
Die springkastele wat deur Bloemsec geborg is, het kinders vermaak sodat die familie in die veiligheid van ons buurt kon ontspan.
Radio Rosestad met Johan Gunter het gesorg vir spitsvondige vermaak en deurlopende kommentaar en ons is baie dankbaar vir die blootstelling wat hul aan ons gegee het deur die radio onderhoud waar Susan van Eck ons administratiewe dame almal ingelig het oor die bedrywighede van die mark.
Stellar brouerye het bygedra tot die gemoedelike atmosfeer, want wat is ‘n suksesvolle mark nou sonder so ‘n ou lafenissie.
Motorwagte, saam met die wakende oog van Bloemsec sekuriteit en ons eie sekuriteitsbestuurders het verder verseker dat almal kon kuier en hulself geniet.
Ons is dankbaar vir elke seëning wat uit die mark gespruit het. Beplanning van die volgende markte sal afhang van die gesondheidskrisis op hande. Die mark is vir ons belangrik omdat ons almal bymekaar bring as ‘n OMGEE NASIE.
Alma Fourie
COVID-19: Hoe om veilig te bly

Was gereeld hande
Herhaaldelike en deeglike skoonmaak van hande met ‘n alkoholbasis vloeistof of was gereeld met seep en warm water.
Hoekom? Die was van jou hande met seep en water of alkoholbasis vloeistof sal die virus doodmaak wat op u hande mag wees.
Handhaaf ‘n goeie afstand tussen mense
Handhaaf ten minste 1 meter (3 voet) tussen uself en ander mense wat hoes of nies.
Hoekom? As iemand hoes of nies, spuit klein druppels van hulle neus en mond wat die virus mag bevat. Indien u te naby aan hulle is, kan u die druppels inasem, asook die COVID-19 virus, sou die persoon geïnfekteer wees.
Vermy aanraking van oë, neus en mond
Hoekom? Hande raak aan baie oppervlaktes waar die virus kan vaskleef. Indien oppervlaktes besmet is, kan jou hande die virus na jou oë, neus of mond oordra vanwaar dit die liggaam kan binnedring en u siek maak.
Beoefen respiratoriese higiëne
Maak seker dat mense om u goeie respiratoriese higiëne beoefen. Dit beteken om die neus en mond toe te hou met ’n sneesdoekie of in die waai van die elmboog te hoes of nies. Gooi dadelik die sneesdoekie weg nadat dit gebruik is.
Hoekom? Druppeltjies versprei die virus. Deur goeie respiratoriese higiëne te beoefen beskerm ons mense om ons van griep en die COVID-19 virus.
Indien u koors het, hoes en sukkel met asemhaling, kry dadelik mediese hulp.
Bly tuis as u nie lekker voel nie. Indien u koors het of sukkel met asemhaling, soek dadelik mediese hulp en skakel voordat u ‘n dokter besoek. Volg die aanwysings van die plaaslike gesondheidsowerheid.
Hoekom? Nasionale en plaaslike owerhede sal die mees onlangse informasie hê en as u vooruit skakel sal dit help om u vining by die korrekte gesondheidsfasiliteit te kry. Dit sal u ook beskerm en die verspreidng van die virus en ander infeksies beperk.
Bron: World Health Organization
