NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Regsaksie Brief

Geagte inwoners

Op 2 September 2020 het Bloemwater sy watertoevoer na die Mangaung Metro-munisipaliteit verminder weens ‘n betalingsgeskil. Dit het lae waterdruk in ons waterinfrastruktuur veroorsaak, wat gelei het tot min of geen toegang tot water in baie hoogliggende gebiede nie – dit beroof ons van ons basiese mensereg op water. Dieselfde situasies het middel 2019 ontstaan toe die watertoevoer deur Bloemwater verminder is vir die wanbetaling van die MMM. Na oorweldigende steun van die gemeenskap is regstappe (in die vorm van interdikte) deur die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie en Trots Pellissier geneem. As gevolg hiervan is ‘n ooreenkoms met Bloemwater gesluit om te bepaal dat Bloemwater 30 dae kennis sal gee om gebruikers die geleentheid te bied om hulself te verteenwoordig voordat die watervoorsiening geraak word. Indien Bloemwater verder gaan met die vermindering, moet hulle ook nie die watertoevoer verminder tot die punt waar gebruikers glad nie water sou hê nie. Na die vermindering van watervoorsiening op 2 September, het ons besluit om drastiese regstappe te neem om toekomstige watervermindering as gevolg van ‘n betalingsgeskil te voorkom. Hoewel Bloemwater en die MMM kort daarna ‘n betalingsooreenkoms bereik het, voorspel ons die patroon van wanbetaling sal voortduur. Daarom streef ons daarna om Artikel 4(5) van die Wet op Waterdienste (sien hieronder) aan te pak. Artikel 4(5) erken nie dat ‘n betalingsgeskil tussen twee regering waterverskaffers ons mensereg op water beïnvloed soos uiteengesit in die grondwet nie. Artikel 4(5) blyk dus gebrekkig te wees en ons wil die grondwetlikheid daarvan in die hof toets.

4 (5) Waar een waterdienste-instelling waterdienste aan ‘n ander waterdienste-instelling lewer, mag hy daardie dienste nie beperk of staak nie weens die wanbetaling, tensy hy minstens 30 dae skriftelik kennis gegee het van sy voorneme om 50 waterdienste of 60 dae skriftelike kennisgewing van sy voorneme om die waterdienste te staak, te beperk tot—

     (a) die ander waterdienste-instelling;
     (b) die betrokke Provinsie: en
     (c) die Minister.

Instansies wat huidiglik betrokke is, is die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie, Trots Pellissier, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS), Bunker Hills Investments 250 (Edms.) Bpk., De Stijl Gariep hotel CC, Stonebridge Trading 15 (Edms.) Bpk., en Forever Resorts (Edms.) Bpk. Bezuidenhouts Incorporated berei die aansoek namens hierdie instellings voor, in samewerking met die Sentrum vir Menseregte aan die Universiteit van die Vrystaat.

Finansiële bydra van ‘n minimum van R 100.00 kan direk in die FWA rekening inbetaal word.

Gebruik asb. Regsfonds en woonbuurt as die verwysing.

Rekening Naam: Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie
Bank: ABSA
Rekening nommer: 9258 718 185



Comment(1)

  1. REPLY
    Y Olivier says

    Baie baie dankie vir julle voortvarendheid en deursettingsvermoë om hierdie baie belangrike saak op te los.

Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy