New-FNA-Logo

Beste FWA lede,

 Administrasie proses van FWA Oranjesakke

  1. Die diens is slegs beskikbaar vir betalende FWA lede. Geldige lid nommer moet aangeteken word.
  2. Die R50 maandelikse diensgeld is vooruit betaalbaar. Geen Oranjesakke sal te koop wees nie, alvorens die R50 diensgelde betaal is nie.
  3. Die sakke beloop  R30 per pak – 20 sakke per pak.

LET OP

Gelde kan betaal word deur die volgende metodes:

– Kontant

– EFT (VERWYSING – DIENSGELD + LID NOMMER )

– Debietorder (kantoor moet skriftelik in kennis gestel word om debietorder aan te pas by fwafna@gmail.com

  1. Die FWA lid se besonderhede word dan op die verwyderingslys geplaas.
  2. Die aankoop van Oranjesakke word nadat die proses voltooi is toegelaat.

FWA Groete