Misdaad aangemeld in Oktober 2020
Inbrake by residensiële persele
- Amie Pretoriusstraat
- Willie Du Plessisweg
- Jan Enslinlaan
Diefstal uit ‘n motorvoertuig
- Duffstraat
Diefstal vanuit ‘n motorvoertuig
- Crawfordsingel
Inbraak by sakepersele
- Liebenbergstraat
Diefstal van ‘n motorvoertuig
- Rautenbachstraat
Ons is Best of Bloemfontein wenners!
Baie dankie aan almal wat bygedra het tot ons sukses!
Ons is gekies as die wenner in die Best Neighbourhood Association/Watch in Bloemfontein vir die jaar 2020. Die wenners van al die kategoriëe is verkies deur die Courant lesers.
Ons streef daarna om ‘n proffesionele en volhoubare diens te lewer vir alle Fichardtpark inwoners.
Kleur in saam met die FWA!
Kleur hierdie prentjie in en staan ‘n kans om ‘n verrassingspakkie te wen. Stuur die prentjie in voor of op 20 November 2020. Die wenner sal aangekondig word in die volgende nuusbrief.
Onthou om jou naam en kontakbesonderhede by te voeg.
Die ingekleurde prentjie kan ingestuur word na Nadia by fwafna8@gmail.com
Die FWA verleen hulp aan individue in nood wat geraak is deur die brande in die Vrystaat
Ons het Saterdag, 24 Oktober 2020, kospakkies gaan aflewer in Pellisier by Trots Pellisier. Die pakkies sluit noodsaaklike goedere o.a. blikkieskos, koffie, koekies, tee, suiker en melk ens.
Die skenkings sal oorhandig word aan organisasies wat direk betrokke is by die bystand van indivudue wat deur die brande geraak is.
Ons toon innige meegevoel aan die persone wat deur die moeilike tyd gaan.

Lewer kommentaar