NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Nuusbrief November 2020

New-FNA-Logo

Misdaad aangemeld in November 2020

Inbrake by residensiële perseleNew-FNA-Logo

  • Jan Enslinstraat
  • Willie Du Plessisstraat
  • Amie Pretoriusstraat
  • Usmarstraat
  • Pieter Connanstraat 
  • De Jagerstraat

Diefstal uit ‘n motorvoertuig 

  • Duffstraat

Inbraak by sakepersele

  • Liebenbergstraat

Diefstal van ‘n motorvoertuig

  • Willie Du Plessisstraat
  • Rautenbachstraat

Diefstal vanuit ‘n motorvoertuig

  • Crawfordsingel

Ons herwinning suksesse

Ons as die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie wil PETCO bedank vir die borgskap van die herwinningsleepwa vir ons herwinning-aksies in ons omgewing.  Ons wil in besonder vir Mev. Belinda Booker, versamelings- en opleidingsprojekbestuurder,  “PET Recycling Company NPC”  en mnr. Vhengani Munyayi, streeksverteenwoordiger: versamelings en opleiding vir al die pogings en kommunikasie met ons rakende hierdie borgskap. Ons wil ook PETCO bedank vir hul volgehoue ​​ondersteuning van ons herwinning-aksies deur middel van bewusmakingsbrosjures en telefoonoproepe.

TrailerTrailer2

Elke tweede Saterdag is daar herwinning wat al ‘n jarelange praktyk in ons woonbuurt is en dit het selfs al inwoners van ander woonbuurte gelok.   Ons moedig almal aan om te begin herwin.

Besoek http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/dienste/herwinning/ om uit te vind wat herwin kan word.


Southern Centre Safari Avontuur

Begin November het Southern Sentrum ‘n drie-maande veldtog af geskop vol opwinding met verskeie aktiwiteite wat aangebied word in die sentrum. Kom saam met Southern Sentrum op ‘n avontuur en staan ‘n kans om ‘n luukse naweek vir vier na ‘n game lodge te wen vir jou en jou familie. Volg die leidrade op die inskrywingsvorm wat beskikbaar is by die hoofingang van die sentrum om die 10 diere te vind wat in die winkels weg gesteek is, lys jou antwoorde op die inskrywingsvorm en gooi dit in die kompetisie boks.

Die kompetisie sluit die 20ste Desember 2020 om 12nm

Wanneer jy die Fees-seisoen jou inkopies by Southern Sentrum kom doen, wees op die uitkyk vir die vriendelike Safari Elfies wat tydens die Kerstydperk in die sentrum gaan wees om hulp te verleen en te verseker dat elke inkopie ervaring ‘n plesier is!

‘n Gratis toedraai stasie vir alle geskenke gekoop in die sentrum sal beskikbaar wees elke naweek van Desember tot en met Kersfees.

Woon ook die gratis Doen-Dit-Jouself werkswinkel by op die 12de Desember en kom vind ispirasie vir al jou projekte die vakansie. Dan in Januarie is daar vir die jong span ‘n Terug-Skool-Toe kompetisie waar fantastiese skool geskenkpakke gewen kan word.

Volg die Southern Centre Facebook blad vir inligting oor die veldtog en vele meer!

https://www.facebook.com/SouthernCentreBloemfontein/



Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy