Misdaad aangemeld in November 2020
Inbrake by residensiële persele
- Willie du Plessisstraat
- Piet Krugerstraat
- Schnehagesingel
- Rautenbachstraat
- Amie Pretoriusweg
- Van Launsingel
Diefstal uit ‘n motorvoertuig
- Van Launsingel
Inbraak by sakepersele
- Castelynrylaan
Diefstal van ‘n motorvoertuig
- Willie Du Plessisstraat
- Piet Krugerstraat
Diefstal vanuit ‘n motorvoertuig
- Benaderylaan
Misdaad wenke vir die fees seisoen vanuit die pen van ons algemene bestuurder
Vakansiediefstal neem gewoonlik toe in die maande November en Desember. Die beste ding om te doen is om seker te maak dat u alles beveilig wat u kan. Sluit motors, vragmotors en huise toe.
Hier is ‘n paar wenke om u huis gedurende die vakansie te beskerm:
- Laat die ligte brand
Laat bedags ‘n paar van die liggies in u huis aan.
- Kreatiewe beskikking
Gooi u huidige bokse kreatief weg. Vou dit plat en bring die bokse na ons volgende herwinningsoggend op Saterdag 9 Januarie 2021.
- Wie is by die deur?
Wees versigtig wanneer u met mense praat met wie u nie vertroud is nie. As u enige verdagte aktiwiteit vermoed, gebruik ons FICH-Net radionetwerk of skakel die noodnommer by 076 277 3022.
– Jacques Meiring


Die wenner van ons somer selfie kompetisie is Ratty
“Goeie dag, ons geniet elke middag ons uitstappie na Welthagen Park. Ons swaai en gly graag.”
Groete
Ratty en Chanté
Dit is lekker om te sien julle geniet die skoon en netjiese park. Ons se weereens baie dankie aan al ons rolspelers wat vir ons die parke skoon en nethjies hou.
Baie geluk aan julle. Kontak ons gerus by die volgende e-pos adres om jou prys te eis fwafna8@gmail.com
Instandhouding in Fichardtpark
Ons wil net baie dankie vir 3Sixty wat vir ons 10 dreindeksels geskenk het. Julle maak ‘n verskil in Fichardtpark!
Julle maak ‘n positiewe bydrae tot ons visie om Fichardtpark #’nplekomtewees te maak. Ons infrastruktuur is vir ons baie belangrik.

Boodskap uit die kantoor uit!
Voorspoedige Nuwe Jaar
Voorspoed van die FWA-span. Ons het hierdie jaar ‘n paar unieke uitdagings gehad. Ons is vir elkeen van ons lede baie dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning. Om hierdie jaar vir ons lede te werk om ‘n omvattende handelsmerkstrategie vir Fichardt Park Woonbuurt Assossiasie te ontwikkel en uit te voer, was een van die mees lonende hoogtepunte van die jaar. Ons sien daarna uit om in 2021 weer uitstekende uitslae vir ons lede te lewer.
Ek wens u en u gesin ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.
FWA Algemene. Bestuurder
Jacques Meiring

Lewer kommentaar