Die FWA het die instandhoudingsprogram van die parke in 2010 begin. In 2011, na ‘n donasie van ‘n trekker en ‘n randsnyer, het die program nog meer effektief geword.
- Ons sny gras in die areas waar dit ‘n sekuriteitsrisiko is soos langs die treinspoor.
- Horak Enterprises diens al 26 parke asook al 90 verkeerseilande.
- Waste Retrievers verwyder onwettige storting asook vullisdromme van die parke.
- Ons rapporteur en monitor verstoppings van rioolafvoer.
- Drain Busters doen voorkomende instandhouding van riolering en herstel rioolprobleme indien MMM nie binne 48uur daar kan uitkom nie.
- Ons rapporteer en monitor stukkende straatligte.
- Ons rapporteur en monitor water lekkasies
- Ons monitor en spreek onwettige advertensies aan.
- Ons het gereelde herwinnings oggende
- Raubex herstel die slaggate in die strate.
FWA het die Adopt a Park projek geloods waar ondernemings asook individue kan bydra tot die instandhouding van parke.