NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Lede met ongelooflike stories

Misdaad aangemeld in Oktober 2019

Huisbraak
Amie Pretoriusstraat
Schickerlingstraat
Van der Lindestraat
Steenkampsingel

Diefstal van motorvoertuie
Hoeke van Ferreira- en Van der Lindestraat

Diefstal uit motorvoertuie
Stollreitherstreet

Diefstal van motorvoertuie word onderneem
Saverite (Le Clusstraat)

Poging tot diefstal uit motorvoertuie
George Smettamstraat


Munisipale foutverslag en noodnommers

Riool, waterlekkasies, pypuitbarstings, konvensionele watermeters, oop mangate, afvoerbedekkings, verkeersligte, slaggate, verstopte stormwaterdreinering, gevalle bome: 0800 111 300 or 051 412 4000

Enige foutiewe voorafbetaalde watermeter: 076 342 1314

Enige foutiewe voorafbetaalde Centlec-meter: 051 430 9050 or 051 412 2600 or 051 409 2334

Centlec kontaksentrum, vir enige ander elektriese fout of kragonderbreking: 0860 076 937 or 051 409 2345

Geraasversteuring: 051 406 6452 or 051 405 8771

Munisipale Polisie: 051 405 8771

Parkweg-polisiestasie: 051 507 6000

Reaksie-groep: 051 412 6800 or 051 412 6801

Verkeersafdeling: 051 409 0444

Brandweer Beheersentrum: 051 406 6666 or 051 409 9600

MMM Rampbestuurbeheersentrum: 051 409 9107

Rosepark Ambulansdiens: 051 505 5200

Departement van Omgewingsgesondheid: 051 400 5300 or 051 400 5301

DBV: 051 447 3801

Rapporteer enige aangeleenthede rakende dienslewering direk aan die Vrystaatse openbare beskermer, adv. Erika Cilliers

Tel: 051 448 6172
Sel: 081 015 9888
Faks: 086 626 0773
E-pos: erikac@pprotect.org


‘n Tweede Sege vir Een van ‘n Drieling van Fichardtpark

Die inwoners van Fichardtpark kan kwalik blameer word as hulle begin dink het daar is ‘n supermens in ons buurt met die naam van Deacon; ‘n tipe maniese “over-achiever” wat in alles presteer van boekskryf- en die onderwys tot wild-en-weidingkunde, terwyl hy terseldertyd bekend is vir sy praktyk as mediese dokter. Kan dit wees dat een persoon al soveel bereik het?

Maar natuurlik is daar nie net een Deacon in die Fichardtpark area nie. En sou jy glo, daar is nie net twee nie – maar drie! En hulle almal is broers – doktors of dokters. Kyk, dit wil gedoen wees! En asof dit nie genoeg is nie, bly al drie broers reg langs mekaar. (Ons medeleie aan die arme posbode wat dié drie broers se pos moet hanteer!)

In ‘n familie van presteerders, is dit moeilik om uit te staan. Maar die Deacons is nie ‘n alledaagse familie nie, en Jaco Deacon is definief nie ‘n alledaagse persoon nie. Dit is dus geen wonder hy het sopas sy tweede toekenning vir Onderwysleierskap ontvang tydens die World Education Congress for Excellence, wat vroeër die maand in Mumbai, Indië plaasgevind het. Sy eerste toekenning was in 2017. Hierdie is nie sommer net enige toekenning nie. Benoemdes bestaan uit die wêreld se mees gesiene deskundiges. Die toekenning word sorgvuldig beoordeel deur ’n internasionale paneel onderwyskenners, wat die wenner aanwys vir uitnemendheid in onderwysleierskap en onderrig. Vanjaar het verteenwoordigers van 32 lande die konferensie bygewoon.

Jaco is natuurlik al lank betrokke by die onderwys as Adjunk-uitvoerende Hoof van FEDSAS (Federasie van beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole), alhoewel hy die afgelope elf jaar praktiseer as arbeidsregpraktisyn. FEDSAS is ’n vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van meer as 2000 openbare skole.

Maar Jaco, wat al hoe meer ‘n onmisbare bydra tot die onderwys maak, het ‘n lang ompaadjie gestap om by hierdie veld op te eindig. Hy het homself as prokureur aan die universiteit van die Vrystaat bekwaam en hom veral op die arbeidsreg en alternatiewe geskilbeslegting toegespits.  Jaco is op een tydperk as senior lektor in arbeidsreg aan die Regsfakulteit by die UV gedien en is nog steeds betrokke by die Sentrum vir Arbeidsreg.

En natuurlik hanteer hy al hierdie verantwoordelikhede terwyl hy volstoom by FEDSAS betrokke is – en internasionale toekennings ontvang. Sy kundigheid en faam strek eintlik so ver dat hy in 2008 deur die Minister van Arbeid aangestel is om in n taakspan te dien om arbeidswette te hersien.

Dr Jaco Deacon is getroud met Tamari, ‘n onderwyseres, en woon saam het hulle drie kinders, Franco (14), Sune (12) en Hannes (8) regs langs sy twee broers! Jaco is ook die voorsitter van die beheerliggaam van Fichardtpark Primêre Skool.

Ons wens Dr Jaco Deacon en sy gesin al die beste vir die toekoms toe. Maar ons simpatie gaan nog steeds uit na die arme posbode wat dié drie broers van pos moet voorsien.


65 jaar van Tienie and Adelaide

Tienie en Adelaide Bierman het in Oktober hul 65ste huweliksherdenking gevier. Nadat ons deur Elsa Vermeulen gekontak is (sy het hul huweliksherdenkingfoto’s geneem), het ek die geleentheid gekry om saam met die egpaar en hul dogters (Lize en Alda) te sit en gesels oor hul lewe en liefde.

Tienie (van Harrysmith) en Adelaide (van Vereeniging), het vars uit die hoërskool verlief geraak. Dit het in 1950 begin as ‘n werksplek romanse, waar beide Tienie en Adelaide klerklike werk by die Inkomste Kantoor in Vereeniging gedoen het. En ongeveer twee jaar daarna is die twee getroud.

Hul beroepe het hulle vanaf 1968 na verskillende stede regoor die land laat verhuis totdat hulle in 1982 finaal in Bloemfontein beland het. Hulle het daardie jaar in hul Fichardtpark-huis ingetrek en woon vandag nog daar. Hulle onthou dat daar in daardie tyd slegs ‘n paar huise in Fichardtpark was en dat die Pick ‘n Pay Hyper wat ons vandag ken, nog in aanbou was.

Deur die viering van so ‘n herdenking is die vraag in almal se gedagtes die geheim van hulle sukses. Vir Tienie is die sleutel tot ‘n lang en gelukkige huwelik geduld en wedersydse respek. Vir Adelaide was hul huwelik gebind deur spanwerk. Sy het benadruk dat alles wat hulle gedoen het, het hulle as ‘n span gedoen. Verder was daar vir haar nooit ‘n tyd waar hulle so kwaad vir mekaar was dat een die ander uit die huis uit wou skop nie. In Adelaide se woorde: “Jy loop dikbek tot julle weer vriendelik is.”

Dit was voorwaar ‘n inspirasie om twee sulke mense te ontmoet en die FWA wens hulle nog baie voorspoedige jare saam toe.

Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy