NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Fichardtpark se stryd teen misdaad

Ons almal het die behoefte om in ‘n veilige omgewing te bly en te werk. In 2014 stel die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie ons 100% Misdaadvryplan bekend. Hierdie plan het gegroei sodat ons vandag diensvlak ooreenkomste met 7 verskillende sekuriteitsmaatskappye in plek het. Die hoeksteen van hierdie misdaadplan is die Suid-Afrikaanse Polisie Diens Parkweg se Gemeenskap Polisieforum. Dit is hier waar misdaadinligting gedeel word en patrollies en padblokkades beplan word.

Dit is juis tydens hierdie misdaad voorkomings patrollies dat dit duidelik geword het dat daar nog baie gedoen kan word om ons eie misdaadvrye omgewing daar te stel. Daar is te veel oop hekke en motorhuise wat waargeneem word tydens hierdie patrollies. Dit is elke inwoner se verantwoordelikheid om sy eiendom te beskerm teen misdaad. Dit sluit roerende eiendom soos byvoorbeeld motorvoertuie in. Ons inwoners kan help deur betrokke te raak by ons patrollies. 

Die meeste misdaad word deur die dag gepleeg en is geleentheidsmisdade. Fichardtpark se misdaadpatroon wys duidelik dat daar waar daar baie menslike beweging is daar ‘n hoër misdaad risiko is. Ons winkelsentrums, hospitaal en sosiale kuierplekke word geteiken deur hierdie geleentheids misdadigers.

Patrollies is die ruggraat van enige goeie misdaad voorkomings plan. Ons sekuriteitsspan ry gemiddeld 25000 km patrollies per maand. Daar is ‘n skerp afname in Fichardtpark se misdaadsyfer sedert 2014. Dit is ‘n duidelike bewys dat Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie alles in sy vermoë doen om Fichardtpark te beveilig.  Ons sekuriteitsspan werk elke dag aan ons droom om van Fichardtpark ‘n 100% misdaadvrye woonbuurt te maak. 

 HOË RISIKO AREAS TANS:

 Buite Rosepark Hospitaal: Diefstal van motorvoertuie, diefstal uit motors en die onwettige parkering van motors. 

Pick ‘n Pay Southern Centre: Diefstal van bankkaarte.

Huisbrake: Huise wat nie aktiewe alarmstelsels het nie word geteiken. 

Moenie deel word van die misdaadstatistiek nie! Tree voorkomend op deur die volgende te doen:

  • Parkeer voertuie in sigbare en gekontroleerde areas, om te voorkom dat misdadigers ‘n geleentheid het om hulle misdaad te pleeg.
  • Wees bedag wanneer u waardevolle items in u motor laai of uitlaai vir mense wat u dophou.
  • Bêre waardevolle items (soos handsakke en skootrekenaars) in die kattebak in plaas van op die sitplekke of waar dit met die blote oog gesien kan word.
  • Bêre items wat rondstaan en waarde het (soos fietse, tuingereedskap, elektroniese en meganiese toestelle) buite sig. 
  • Wees bedag wanneer u die OTM gebruik, moet niemand toelaat om hulp te verleen of selfs te sien wat op die OTM plaasvind nie. 
  • Kry ‘n sekuriteitsmaatskappy om sigbaarheid en veiligheid by u huis op te knap.
  • Maak seker dat alle sekuriteitsmaatreëls in plek is voordat u gaan rus (veiligheidshekke, motorhuise en vensters). 
  • Plaas beligting rondom die woning, aktiveer alarms.

WAT BEÏNVLOED REAKSIE TYD IN ‘N NOODGEVAL?

  • Verkeerstoestande
  • Padreëls wat gehoorsaam moet word
  • Weersomstandighede
  • Kommunikasie tussen die kliënt, die beheerkamer en die reaksie offisier

Malcolm Mostert

Fichardtpark WA se oudste lede vanaf 2010: Oom Lappies en Tannie Nella Labuschagne

 Hulle woon al 32 jaar in Fichardtpark en Oom Lappies was ‘n drukker by “The Friend” vir 30 jaar waarvan hy 23 jaar nagdiens gewerk het om die koerant soms onder druk “deadlines” betyds die volgende dag op straat te kry met al die nuus vir die publiek.

Na 30 jaar by die koerant verruil hy sy amp om vir 13 jaar die voorrade te bestuur by Sukofs.

Oom Lappies en Tannie Nella was “school-time sweethearts” vanaf die ouderdomme 10 en 12 en is geseënd om 58 jaar saam te wees.

Tannie Nella was die spil waarom die hele familie gedraai het en altesaam 24 kleingoed, wat haar eie kinders en kleinkinders insluit, het hulle ruggraat van Ouma Nella gekry wat almal bederf het met haar smullekker kook en gebak en tonne speletjies.

Oom Lappies en Tannie Nella is dit eens dat die FWA ‘n puik organisasie is wat altyd hul lede se belange op die hart dra en sorg dat alles skoon en probleemvry is en kan nie vir Dr Dawid du Toit genoeg bedank dat hy hulle voorgestel het as lede nie.

Alma Fourie

Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy * for Click to select the duration you give consent until.