NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Blog

Dienslewering: ‘n voortdurende stryd

Misdaad aangemeld in Junie 2020

Huisbraak
Myburghstraat
Jan Enslinlaan
Gustavsingel
Willie Du Plessisweg
Mettamstraat
Hurleystraat
Van Iddekingelaan
Usmarstraat
Welthagenstraat
Amie Pretoriusweg


Toesigloos, leierloos en rigtingloos

My beroepsverwante omswerwinge oor baie jare heen het my nie net by interessante plekke en mense gebring nie. Ek was ook gekonfronteer met ‘n legio van ervarings en insidente wat as lewenslesse kon dien en sekere belangrike beginsels aan my kon openbaar.

Onlangs weer het Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS (wie se huis en kantoor in Fichardtpark is), in ‘n radio-onderhoud met RSG gesê dat leierskap en aanspreeklikheid “van bo tot onder” voorvereistes is vir verantwoordelike besluitneming en toepassing van beleid. Die uitdagings gepaardgaande met die sluiting van skole al dan nie, as gevolg van die Covid-19 pandemie, was die tema vir die program Praat Saam wat op 23 Julie 2020 uitgesaai is.

Dit het my herinner aan ‘n vergadering op 2 September 2008 in Boksburg, waar die destydse nasionale Minister van Onderwys, Dr. Naledi Pandor, aan nege provinsiale projekbestuurders van ‘n nasionale moniteringsprogram  gevra het om in enkele minute te sê wat die grootste uitdagings vir die onderwys in hulle provinsies is. In die Vrystaat, het ek gesê, is dit noodsaaklik dat leierskap op alle vlakke drasties moet verbeter, vanaf die onderwyser in die klaskamer tot die senior bestuur van die vyf onderwysdistrikte, die provinsiale hoofkantoor en die politieke onderwysleierskap van die provinsie.  Sy het na haar afvaardiging gekyk en vir Duncan Hindle, destydse Direkteur-Generaal, gevra of hy gehoor het wat ook by die nasionale onderwysdepartement moet gebeur: Leierskap sonder uitsondering!

Sonder bekwame leiding en gesonde dissipline kan geen onderneming sukses behaal nie. Dit is noodsaaklik dat elkeen in ‘n organisasie bewus moet wees van die norme, standaarde en uitkomste waarna gestrewe moet word. Ewe belangrik is dit dat daar deurentyd doeltreffende toesig, monitering en evaluering van prestasie moet wees om aan die strategiese doelwitte te kan voldoen.  Eweso moet die bereiking van resultate vir enige projek voldoen aan die verwagtinge van ‘n gemeenskap ingevolge die begroting, toegewese hulpbronne en ooreengekome strategiese planne.

Enkele jare gelede, toe ek nog dikwels gereis het vir werksopdragte, was die Uitgebreide Openbare Werkeprogram (Eng: EPWP vir Expanded Public Works Programme) vir my ‘n groot bron van frustrasie omdat daar kennelik langs ons paaie bitter min werk gedoen is en daar skynbaar geen daadwerklike toesig en beheer was nie. Tussen Koffiefontein en Luckhoff was die spanne enige tyd van die dag meer aan die rus en piekniek hou onder die Kareebome langs die pad as wat daar vordering was met die herstel van die gruisskouers van die pad. Soms sou een of twee lede van ‘n span met ‘n paar grawe en ‘n kruiwa oënskynlik ‘n slootjie of twee toegooi, net om ‘n jaar later te kon besef dat gras en bossies die ‘herstelwerk’ bedek het en die toestand van die skouers erger was as ooit tevore. Tussen Thaba Nchu en die Black Mountain Hotel was die teeroppervlakte van die pad vol slaggate terwyl die werkers in hul oranje oorpakke en EPWP op die rug met ‘n enkele kruiwa en ‘n paar grawe die padskouers probeer gelykmaak. Dit sou naïef wees om hierdie projek as sinvol te probeer regverdig.

Gedurende 2012 was ek vir 15 weke deel van ‘n nasionale opname wat by meer as 5000 skole in die Oos-Kaap gedoen moes word. Met viertrekvoertuie wat aan ons voorsien was, het ek groot gedeeltes van die onderwysdistrikte Sterkspruit en King William’s Town deurkruis en as groepleier 89 skole besoek. Ek was bevoorreg om plekke en paaie te ervaar wat ek nog nooit voorheen besoek het nie en dalk ook nooit weer sal kan sien nie, maar ek het hordes foto’s van plekke, skole en mense! Ek deel in hierdie artikel slegs enkele van die foto’s met ons lesers. Gedurende daardie tyd het ek nogal dikwels aan M. Scott Peck se boek, The Road Less Travelled, gedink.

Tydens die opname het ek op 08 Augustus 2012 Nomlengana Senior Primêre Plaasskool naby Danger’s Hoek in the Sterkspruit Distrik van die Oos-Kaap besoek. Toe ek vir die skoolhoof vra of die GPS korrek aandui dat die pad hier by die skool eindig, antwoord sy: “Sir, this is not the end of the road, this is the end of the world!”

In hierdie omgewing is daar geen skooldag moontlik as dit effens gereën het nie, want dan is die paaie onbegaanbaar vir leerders en onderwysers sowel as diegene wat die kos vir die nasionale skoolvoedingsprogram moet voorsien. Langs die tweespoor-grondpad na die skool en nabygeleë kliniek tref ek ‘n span EPWP-werkers aan. Die oggend toe ek net na 08:00 daar verby is lê die spannetjie behaaglik in die yl sonnetjie en rus, en toe ek drie-uur die middag terugkeer tref ek dieselfde idilliese prentjie aan. Hulle is baie bly toe ek ‘n foto neem. Die segsman sê hulle werk daar om die ‘slaggate’ heel te maak. Dit, liewe leser, op ‘n laegraadse tweespoor-grondpad wat feitlik geen verkeer dra nie! Die bietjie werk wat daar gedoen word deur met grawe en een kruiwa potklei uit die veld in die ‘slaggate’ te gooi is gou weer tot niet soos wat wind en weer sy tol eis en elke voertuig wat na ‘n reënbui daarlangs ry, nuwe ‘slaggate’ veroorsaak.

Ek het vrede daarmee gemaak dat EPWP ‘n middel tot ‘n ander doel is, naamlik om mense wat andersins geen kos, klere of medisyne sou kon koop nie, in staat te stel om dit wel te kan doen. Ek het selfs vrede daarmee gemaak dat politici die getal EPWP werknemers sou tel as deel van hulle telkaart vir werkskepping in Suid-Afrika! Sekerlik is so ‘n sosiale ondersteuningsprogram nie werkskepping in die ware sin van die woord nie.

Bogenoemde geïsoleerde en dalk eensydige voorbeelde is tekenend van situasies waar weinig leierskap, toesig, monitering en verantwoordbaarheid teenwoordig is; waar swak besluitneming neerkom op vermorsing van geld wat meer doeltreffend elders aangewend sou kon word. Baie hiervan sien ons steeds daagliks in swak dienslewering en lae vlakke van produktiwiteit, selfs in ons eie metropolitaanse munisipaliteit.

Afgesien van vele ander werklikhede wat Covid-19 onverwags op ons neergelaat het, is die eise wat dit tans aan leierskap op alle vlakke stel van enorme omvang – en sonder die nodige toesig, verantwoordbaarheid, aanspreeklikheid, doeltreffende dienslewering en naastediens is dit nog veel erger.

Die FWA, ons eie woonbuurtvereniging, tesame met talle samewerkende rolspelers, het inderdaad reeds bewys dat hulle ‘n voertuig is om in die ‘kleine’ ‘n groot verskil aan hierdie enorme uitdagings te maak.

Kom ons lei verantwoordelik, knap alle toesig en beheer op en bou sodoende ‘n gladde grootpad van sukses!

Age Quod Agis! (do what you are doing: concentrate on the task at hand). 

Giel de Villiers is ‘n FWA-lid en pensioenaris. Hy was vir 46 jaar aan die onderwys verbonde, veral in die hoedanigheid as wiskunde-onderwyser en provinsiale eksaminator en moderator vir Wiskunde Senior Sertifikaat. Hy het diens gelewer aan Grey-Kollege Sekondêr, Unitas Hoërskool in Welkom, Kroonstad Hoërskool en die Vrystaaste Onderwysburo. Hy was skoolhoof van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Sand du Plessis Hoërskool in Bloemfontein en hoof van die Vrystaatse Sentrum vir Verrykingsonderwys.

Daarna het hy in die onderstaande posisies gedien:

  • Direkteur: Kurrikulumdiense vir die Vrystaatse onderwysdepartement;
  • Projekbestuurder van die nasionale Departement van Onderwys, opgedra om Vrystaatse skole se implementering van GGBS te monitor;
  • Stigtingsdirekteur van die Akademie vir Skolebevordering aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat;
  • Tans dien hy nog in die Adviesraad van die Govan Mbeki-wiskunde-ontwikkelingsentrum (GMMDC) verbonde aan die Nelson Mandela-universiteit in Port Elizabeth.

Kerbside waste collection and landfill management

Unfortunately, after our previous meeting, we as the Fichardt Park Neighbourhood Association (FNA) are disappointed about the service we as rate payers are receiving from the Mangaung Metro Municipality. Kerbside waste collection is never as scheduled as per your municipal Waste Management By-laws as well as the National Environmental Management Waste Act No. 59 of 2008, and it is obvious that waste management in Mangaung is in dismal state. The FNA receives public complaints on a daily basis seeing that they cannot reach the Municipality to complain about the waste management situation.

According the National Environmental Management Waste Act No. 59 of 2008 the Metro need to keep to their scheduled kerbside waste collection (See Government Gazette, 21 January 2011, Paragraph 9). For the past couple years the services that was supposed to be rendered was 80% + not on schedule, relating to local littering and waste pollution in gutters ending up in the drainage system polluting the rivers and transported to the ocean. Refuse bags are torn open by Street Pickers and stray animals because of neglected kerbside waste removal. Indirectly the MMM contravenes the National Environmental Management Waste Act No. 59 of 2008,(Collection of household waste)  National Water Act 36 of 1998 and the National Environmental Management Biodiversity Act 10 of 2004 by polluting river systems.

Excuses such as labour issues, lack of adequate budget, fuel, and a lack of enough collection vehicles are given. Each household need to pay a monthly total levy of R172.08 + Vat of R25.51= R197.89 for waste removal. Fichardt Park have 2791 households. As you are aware, Fichardt Park is one of the best contributors to the rates and taxes of Mangaung. Take into account that the 2791 residents withhold their R197.89 for waste removal monthly that is in total R552 310.99 per month? The community feels that they pay for a service that they do not get and request the FNA to arrange refuse removal. The FNA can render this service at less than R6 000.00 per week = R24 000.00 per month?

Landfill Sites:

Complaints from residents from Fauna, Lourier Park, Pellissier, Fleural and Fichardt Park were received about the Southern Landfill site that are burning for some time now, resulting in bad odour contributing to unhealthy situations in these areas, depending on the wind direction. Community members complains that no actions are taken after numerous complaints were registered or that they just do not get any answer from the Metro?

Observing the management of the Southern Landfill Site, it is obvious that very little to no management is taking place. Access control is very limited and most of the time there is no access control at all. The security at the Landfill Site is non-existent resulting in criminal activities such as arson, vandalism and robbery. The Metro is supposed to keep record of all waste entering and exiting landfill sites and must be recorded on SAWIS. Seeing the present situation, non-functioning weighbridge for years, inefficient access control, and reports to DESTEA and National Environmental Affairs on the SAWIS is totally incorrect.

Again the Mangaung Metro Municipality is contravening numerous national legislation as well as the Metro’s own By-laws as well as the waste license conditions. .

  • National Environmental Management Waste Act No. 59 of 2008
  • Norms and Standards of Storing of Waste
  • National Environment Management: Air Quality Act, No. 39 of 2004:
  • National Water Act, Act No. 36, 1998
  • Chapter 8 of the Municipal Systems Act;
  • Art 24 South Africa Constitution
  • Mangaung Waste By-laws

Below is visuals of the Southern Landfill Site as on the 3rd June 2020:

The question is, are the landfill managers qualified for such an important management action?  How is the Mangaung Metro going to rectify these challenges?

Looking at the media and other information, it is clear that officials (Labour Unions?), are keeping the Mangaung Metro hostage over overtime payments and salaries. Looking at the present situation it is clear that there are no commitment (Apathy) from officials even in this very difficult time in South Africa with the COVID 19 pandemic, unemployment and poverty.

The FNA suggest that the MMM urgently look at the outsourcing of waste management in general and look at the City of Jo’Burg model of outsourcing through Pick-it-Up.

Before the FNA and other Stakeholders go into legal actions we as the FNA would like to know what the plans are to rectify above challenges and by when. We are very willing to assist the Metro and bring our part to make this metro a model. Nobody has to go to Zimbabwe to look at effective waste management (Media statement Mangaung: Issue 31, News Update, July 2019) while in South Africa we do have metro municipalities that can advise the MMM on sustainable and effective waste management.

Regards,

Duart Hugo, FNA Director


Fichardtpark se tuinbouklub

Die Tuinbouklub is uitsluitlik met die doel begin om werkskepping tot stand te bring. Tans het dit ontwikkel tot ‘n platform waar lede raad vra oor alle plantsoorte, plante uitruil en mekaar inspireer om hul tuine te verfraai.

Ons Fichardtpark Tuinbouklub spog nou al met 79 lede wat aangesluit het en dit is steeds besig om te groei en lede geniet dit terdeȅ om mekaar van raad te voorsien en selfs die beginners baat baie by al die inligting wat voorsien word.

Wanneer ons uit die greep van die pandemie is, beoog die Tuinbouklub om te begin om Fichardtpark te verfraai en die lede kan nie wag om te begin nie. Raak betrokke deur Alma te kontak by 060 567 3572

Terwyl ons wag,  let op ‘n paar wenke .

Winter tuinbou in die Vrystaat

Die winter hou steeds aan, maar dit beteken nie dat u die tuingereedskap moet ophang nie. Die grootste deel van Suid-Afrika het gelukkig  helder sonnige dae gedurende die koudste seisoen van die jaar, wat wintertuine moontlik maak.

U dink miskien dat die winter die perfekte tyd is om u groen vingers te laat rus, maar tog is daar baie plante en groente wat floreer gedurende hierdie koue tyd van die jaar. Net ingeval u wonder wat u kan doen om u tuin  te behou totdat die lente aanbreek, lees verder!

Verander u tuin se uitleg

Die winter ontbloot die uitleg van u tuin met (die meeste) blare en blomme weggestroop – die perfekte geleentheid om ‘n ander uitleg te oorweeg. In droë gebiede (d.w.s. Vrystaat) is die winter die ideale tyd om ‘n pergola of tuin boog te bou, die paadjies te herbeplan en die beddings te herontwerp. Neem die geleentheid om hellings en ongelyke areas gelyk te maak en trappies te bou om verskillende vlakke te verbind.

Begin snoei

Verwyder enige dorre of dooie blare van plante en blomme met ‘n snoeiskêr of ‘n skoon skêr. So ook, snoei die groeiende takke of stamme van bome en struike. Dit sal die algemene voorkoms van u tuin verbeter deurdat dit die egalige verspreiding van voedingstowwe moontlik maak.

Vir baie plante is die beste tyd om te snoei as hulle nie in volle blom is nie. Appels, pere en baie rose val in hierdie kategorie. Versuim om te snoei in die winter en jy sal dit agterkom in die lente.  Sodra plante verlep,  snoei hulle indien nodig. Struike en meerjariges soos salvias, Euphorbia ‘Diamond Frost’, pienk en wit spiraea, wilde gemmer, boerejasmyn, hortensia en buddleja, wat te groot en houtagtig geword het, kan afhangend van die beskikbare ruimte met ‘n derde verminder word.

Sny frambose, swartbessies en kruie wat dood is soos suurlemoenbalsem, kruisement en tiemie, tot by die basis en snoei rose, vrugtebome en blare.

Lig die bome se krone op om meer lig in te laat. Verwyder die onderste takke een vir een en staan ​​terug tussen elke snit om die effek te bepaal. Verwyder gebreekte en dooie takke.

Voeding en multing

Doen dit onmiddellik na snoei. Verwyder die eenjarige plantjies en werk dan kompos en organiese korrels in die beddings. As die grond goed dreineer, werk dit liggies in die boonste 3-5 cm. As die grond klei of rotsagtig is, grawe in kompos tot ten minste ‘n vurkdiepte, maar let op dat u nie die wortels van plante versteur nie. Bedek die beddings met ‘n laag deklaag na voeding.

Plant enige winterjaarlikse

Daar is geen rede waarom u tuin elke jaar 3+ maande ‘n dooie oase hoef te wees nie. Sade van petunia, dianthus, Afrika-madeliefie, Bokbaai vygie, Ysland-papawers, viooltjies, pansies, foxgloves en snapdragon het bewys dat dit taamlik gehard is! Daar is geen rede dat u nie in die winter kleur in u tuin kan voeg nie. Saailinge van hierdie blomme is geredelik beskikbaar vir onmiddellike aanplanting: akkerbome, papawers, viooltjies, pansies, foxgloves, snapdragons, Bellis perennis, Williams en primulas (Primula malacoides, P. obconica en P. acaulis). Plant dit in beddens, houers, vensterbakke en hangmandjies. Winterblomplante moet in April of Mei geplant word om betyds vir die winter te blom. In werklikheid word April wyd gevier as ‘Tuinmaand’, want dit is die perfekte tyd  om  jou eie wintertuin voor te berei!

Wat om te plant

Let daarop om die korrekte hoeveelheid voedingstowwe toe te dien, want  daar is baie gewasse wat die beste groei in die koeler maande. Oorweeg dit om ‘n deel van u tuin opsy te sit vir die kweek van hierdie heerlike vrugte en groente:

  • Appels
  • Blomkool
  • Pere
  • Wortels
  • Perskes
  • Boerboontjies
  • Nektariens
  • Kale
  • Mikrogroen spruitjies
  • Uie
  • Radyse
  • Sny ertjies

Blomplante

Wintertuine hoef nie groot te wees nie – selfs ‘n pot vol gesiggies kan ń onooglike tuin omskep in ń fees vir die oog.  Verfraai u wintertuin met hierdie winter jaargewasse

  • Asaleas
  • Phlox
  • Kamelias
  • Proteas
  • Madeliefies
  • Rose
  • Gladiolas
  • Leeubekkies
  • Gesiggies
  • Strelitzias
  • Primulas
  • Tulpe

Behalwe vir hierdie kleurvolle blomme, kan u dit oorweeg om byvoorbeeld u blompotte met verf of gekleurde tou te versier. Aalwyne, kaktusse en vetplante vorm ook uitstekende fokus punte en is beskikbaar in verskeie kleurvole skakerings.

Wat om te oes

As daar betyds geplant en gesaai word geniet u vars vrugte en groente direk uit u eie tuin die volgende seisoen.

Die volgende vrugte en groente  is in die winter beskikbaar.

  • Appels
  • Botterskorsies
  • Avokado
  • Beet
  • Pomelo
  • Broccoli
  • Naartjies
  • Kool
  • Lemoene
  • Blomkool
  • Koejawels
  • Spinasie

Ter opsomming

Om aan tuinmaak te dink as “basies en bevredigend” is ‘n terapie op sy eie, veral gedurende die winter. Dus, sien die volgende paar maande as ‘n geleentheid om  die buite area te verfraai deur dit so netjies en skoon moontlik te hou.

Dit is vanselfsprekend dat onkruid ook uit die tuin verwyder moet word. Alhoewel dit aanloklik kan wees om na ‘n chemiese oplossing te soek, beveel ons aan dat u omgewings vriendelike middels gebruik. Hier is ‘n tuisgemaakte onkruiddoderresep wat baie maklik is om te maak. Meng eenvoudig vier koppies witasyn met een koppie sout en ½ teelepel vloeibare seep. Spuit hierdie oplossing dan oor die onkruid, verkieslik op ‘n sonnige dag, en sorg dat die naby geleë  plante, beskerm word.

Die rustiger wintermaande is ook ‘n goeie tyd om algemene onderhoudswerk in die tuin te doen. Hark die oorblywende herfsblare op, maak die stoorkamer of kweekhuis skoon, gee die tuinmeubels ń nuwe voorkoms en maak al u tuingereedskap en toerusting skoon.

Hou u gereedskap skoon

Dit is die ideale tyd om u tuingereedskap ordentlik skoon te maak voordat die lente aanbreek, veral die meer gewildes soos harkies, snoeiers, gieters, ens. Dit moet as noodsaaklik beskou word vir almal met ‘n tuin, aangesien potte, grawe, skoene en glas panele almal verskillende plae (swam-, virusse- en bakterie),  huisves, om nie te praat van insekte nie.

Hoe meer gereedskap u het, hoe meer tyd sal u hieraan moet wy.

Beskerming teen koue

Die Vrystaat is geneig tot ryp in die winter. Moenie iets plant wat nie ryp bestand is nie. Plante wat vatbaar is vir ryp, moet bedek word met liggewig doeke wat  tuinsentrums voorsien. Dit moet teen 15h00 gedoen word en die volgende dag om 09h00 verwyder word. U kan ook karton of wigwams van hessiaan of gras gebruik. As die saailinge gesaai is, moet u dit eers natmaak voordat die son hulle bereik, sodat hulle stadig  kan ontdooi.

Maar wat van die takke, blare en struike wat alreeds tekens van ryp begin toon? Wat u ook al doen, moenie dit afsny nie. Los hulle eerder totdat die gevaarlikste tyd vir ryp verby is, aangesien dit help om die plante teen ekstra winterskade te beskerm.

‘n Ander manier om u tuin teen ryp en ysige wind te beskerm, is om windskerms te plant of te bou.

Water

Water sierplante en grasperke een of twee keer per week, verkieslik vroeg in die oggend. Moenie oornag sproeiers en besproeiingstelsels aanlaat nie, aangesien die waterpype  kan vries en plante beskadig kan word. U kan egter laatmiddag water gee, want studies het getoon dat water die grondtemperatuur verhoog en nie skade aan plante veroorsaak nie. Water op die blare kan in ysige koue vries, wat skade kan veroorsaak. Sit altyd tuisspuite weg voordat dit donker word. As die tuinslang gevries is, moet dit nie beweeg voordat dit ontdooi het nie, want dit kan breek.

Wintertuine het nie soveel water nodig as hul somertuine nie. Grasperke kan een keer elke twee tot drie weke natgemaak word. Die meeste plante met ‘n lae watergebruik moet slegs een keer elke twee maande natgemaak word, terwyl plante wat droogte bestand is slegs een keer per maand natgemaak word. Plante met ‘n hoë watergebruik moet 2-3 keer elke twee weke natgemaak word.

Koue wintertoestande kan hul tol op grond eis   As u  grond deklaag oor u tuin versprei, kan dit grond beskerm teen skade, wind, koue of ryp. Bedekkings beskerm ook die grond teen gronderosie en verspoeling deur swaar reën.

Maak ‘n klein binnetuin

Dit is nie ongewoon om huishoudings met meer binneplante as buite te vind nie. Kyk dus na die winter as die ideale tyd om  aandag te gee aan binneshuise potplante. Praat met hulle (soos u normaalweg sou doen), verwyder dooie blare,  maak seker dat hulle soveel (of so min) son kry as wat hulle nodig het, en oorweeg dit om weer aan die einde van die winter hul weer  buite te sit of selfs te verplant in die tuin.


Lewer kommentaar

I accept the Privacy Policy