NOOD: 0762773022
fwafna@gmail.com

Nuusbrief Augustus 2021

STEM vir FWA vir beste woonbuurt assoasie deur die skakel te volg:

https://www.bloemfonteincourant.co.za/best-of-bloemfontein/living-in-bloemfontein/

*Termes en voorwaardes geld

Is jy ouer as 18?

Volg die skakel om te registreer

https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/

Lees meer

Nuusbrief Februarie 2021

Misdaad aangemeld in Januarie  2021

Inbrake by residensiële persele

  • Goosenstraat
  • Willie du Plessis
  • Benaderylaan
  • Gustavsingel

Diefstal van ‘n motorvoertuig                    

  • Stollreitherstraat (Naledi Townhouse)          

Poging tot motordiefstal

Benaderylaan

Diefstal uit motorvoertuig

  • Amie Pretoriusstraat

HIERDIE IS ONS SAKEPLAN:

DIE DOELWITTE WAARVOLGENS DIE FWA FUNKSIONEER

  • Bevorder, beskerm en die uitbreiding van lede se gemene belange.
  • Bydrae tot sekuriteit vir ‘n misdaadvry woonbuurt
  • Bestuur die instandhouding van publieke ruimtes.
  • Verteenwoordig lede en vereis: munisipale dienslewering en regeringsinstansies om wette toe te pas.
  • Belê vir gemeenskaplike voordeel.

GEEN STORTING

Ons doen ‘n beroep op ons lede om enige onwettige stortings aan te meld by die kantoor by 073 945 4987.

Neem ‘n foto en stuur dit aan die kantoor, sodat die nodige stappe geneem kan word.

signs

 

ONTHOU!

Ons herwin Saterdag, 27 Februarie vanaf 09h00-11h00.

Bring al jou herwinningsmateriaal na die parkeerterein by Pick ‘n Pay Southern Sentrum. ONS AANVAAR GEEN GLAS OP HIERDIE STADIUM NIE, WEENS DIE BEPERKING IN GLAS PRODUKSIE.

Besoek http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/dienste/herwinning/om uit te vind wat herwin kan word.

 


Fichardtpark Vullisverwydering

Weens swak dienslewering vanaf die munisipaliteit is dit tyd om ń verskil te maak!

Die nie-dienslewering vanaf MMM is vir die FWA bestuur steeds uitdagend. Dit het ń groot negatiewe impak op ons  buurt en inwoners.

Word deel van die oplossing – sluit aan by ons  betroubare oranje sak vullisverwyderingsprojek vir slegs R50-00 per maand.

Sakke kan aangekoop word by die kantoor vir R30-00 per rol.

Vir enige navrae, skakel die kantoor by 073 945 4987.

Indien u onseker is oor watter gedeelte u in woon kontak asb ons kantore of u kan op die volgende bladsye gaan kyk: https://fichardtpark.org/af/vullisverwydering-blokke/

 


ONS PARKE PROGRAM LÊ ONS NA AAN DIE HART!

Team

park2

park1

Lees meer

Nuusbrief Januarie 2021

Misdaad aangemeld in Desember 2020

Inbrake by residensiële persele

  • Du Plooysingel
  • Goosenstraat
  • Jan Enslinlaan
  • Olive Grinterrylaan
  • Rasherstraat
  • Schnehagesingel

Diefstal van ‘n motorvoertuig                    

  • Stollreitherstraat

HET JY GEWEET?

MMM eise vir beskadigde voertuie

Met al die nodige dokumentasie, kan jy ‘n eis indien by Mangaung Metro Munisipaliteit waarby jy hulle verantwoordelik kan hou vir enige skade aan jou motor/bande en/of motorvellings.

STAP EEN :

  • Die vereistes waarin jy moet voldoen is die volgende:
  • Kliënt moet toesien dat ‘n duidelike beskrywing van verlies en / of besering, datum van verlies en / of besering en voertuigregistrasiebesonderhede vir alle partye opgemerk word, indien van toepassing.
  • Spoedmeterlesing tydens ongeluk.
  • As u ‘n versekering het, maar nie van u eie versekering wil eis nie, moet u ‘n beëdigde verklaring van die polisiekantoor verkry wat dit bevestig as u nie ‘n versekering het nie, dien dan ‘n verklaring in.
  • Kontakbesonderhede soos telefoonnommer / landlyn / e-pos of faks en fisiese adres moet verstrek word.
  • Maksimum van (2) twee ooggetuieverklarings of kontakbesonderhede indien
  • Minimum van 2 kwotasies vir alle beskadigde items bv. bande, vellings ens. verkry en ingedien word.
  • Vee die vergrote kopie van die ID uit na A4
  • Duidelike vergrote afskrif van die bestuurderslisensie vergroot tot A4
  • Kleurfoto’s van skade aan die voertuig asook die plek waar die voorval plaasgevind het.
  • Indien beserings opgedoen is, moet u ‘n mediese verslag lewer wat die aard van die beserings bevestig.
  • Bewys van verblyf. (brief / rekening)
  • Bewys dat munisipale rekeninge op datum is. (Munisipale rekening nie ouer as drie maande nie – beskikbaar by navraetoonbank).

STAP TWEE:

As alle dokumentasie saamgestel is om ‘n eis in te dien, moet u dit stuur of aflewer of faks na die volgende kontakte:

Skandeer en stuur terug na Mandlakazi Sikuza by sikuza@mangaung.co.za

Skandeer en stuur terug na Mosidi Thati by thati@manguang.co.za

Kry jou vorm hier: http://www.mangaung.co.za/2021/01/15/procedure-process-for-submitting-insurance-claims/


ONTHOU!

Ons herwin Saterdag, 30 Januarie vanaf 09h00-11h00.

Bring al jou herwinningsmateriaal na die parkeerterein by Pick ‘n Pay Southern Sentrum.

Besoek http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/dienste/herwinning/om uit te vind wat herwin kan word.

Fichardtpark Vullisverwydering

Is jy onbekend met die vullisverwydering grense?

 Vir vullisverwydering doeleindes het Mangaung Metro Fichardtpark in 2 areas verdeel – Noord en Suid.

Suidelike gedeelte se grenslyn is Eric Rosendorf, Olive Grinter, van Iddekinge en Amie Pretorius en al die strate wat binne die grense is. Die Casino is aan die suide vir hierdie doeleindes.  Hierdie is Blokke 8–14.

Die Noordelike gedeelte se grenslyn is van Laun, Du Plooy, Van Rippen en Usmar.  Dit sluit ook Benaderylaan en al die ander strate wat binne die grense is. Hierdie is munisipale blokke 1–7.

Indien u onseker is oor watter gedeelte u in woon kontak asb ons kantore of u kan op die volgende bladsye gaan kyk: https://fichardtpark.org/af/vullisverwydering-blokke/



Beurtkrag Skedule in Fichardtpark

Groep 1 – Die gebied naby Bobbiespark – SAAM MET HOSPITAALPARK

Groep 3 –  Suid van Hypermark (Rosepark Hospitaal, Fichardtpark Hoerskool Area) SAAM MET PELLISIER

Groep 4 – Noord van Hipermark (Fichardtpark Laerskool area) SAAM MET WILGEHOF

Beurtkrag is….

As daar nie genoeg elektrisiteit beskikbaar is om in die vraag van alle Eskom-klante te voorsien nie, kan dit nodig wees om die aanbod na sekere gebiede te onderbreek. Dit word beurtkrag genoem. Dit verskil van ‘n kragonderbreking wat om verskeie ander redes kan voorkom.

Dit is ‘n laaste uitweg om die vraag en aanbod tussen elektrisiteit te balanseer. Ons sal slegs beurtkrag toepas as al die ander opsies uitgeput is.

Dit is ‘n effektiewe manier om die totale ineenstorting van die elektrisiteitsvoorsieningsnet (‘n nasionale verduistering) te vermy, wat rampspoedige uitkomste vir Suid-Afrika sal hê. As onbalanse op die krag nie bestuur word nie, kan dit lei tot die ineenstorting van die hele kragnetwerk. As dit gebeur, kan dit meer as ‘n week neem om die krag in die hele land te herstel. Deur die vrag op ‘n beplande en beheerde manier te draai, bly die stelsel stabiel.

Voordat beurtkrag toegepas word, maak Eskom gebruik van:

  • Gas- en hidro-opsies
  • Gekontrakteerde en vrywillige opsies met sekere groot klante om hul vraag te verminder.
  • As al hierdie maatreëls uitgeput is en daar nog nie aan die vraag voldoen kan word nie, sal Eskom voortgaan met beurtkrag.

Lees meer

Nuusbrief November 2020

Misdaad aangemeld in November 2020

Inbrake by residensiële perseleNew-FNA-Logo

  • Jan Enslinstraat
  • Willie Du Plessisstraat
  • Amie Pretoriusstraat
  • Usmarstraat
  • Pieter Connanstraat 
  • De Jagerstraat

Diefstal uit ‘n motorvoertuig 

  • Duffstraat

Inbraak by sakepersele

  • Liebenbergstraat

Diefstal van ‘n motorvoertuig

  • Willie Du Plessisstraat
  • Rautenbachstraat

Diefstal vanuit ‘n motorvoertuig

  • Crawfordsingel

Ons herwinning suksesse

Ons as die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie wil PETCO bedank vir die borgskap van die herwinningsleepwa vir ons herwinning-aksies in ons omgewing.  Ons wil in besonder vir Mev. Belinda Booker, versamelings- en opleidingsprojekbestuurder,  “PET Recycling Company NPC”  en mnr. Vhengani Munyayi, streeksverteenwoordiger: versamelings en opleiding vir al die pogings en kommunikasie met ons rakende hierdie borgskap. Ons wil ook PETCO bedank vir hul volgehoue ​​ondersteuning van ons herwinning-aksies deur middel van bewusmakingsbrosjures en telefoonoproepe.

TrailerTrailer2

Elke tweede Saterdag is daar herwinning wat al ‘n jarelange praktyk in ons woonbuurt is en dit het selfs al inwoners van ander woonbuurte gelok.   Ons moedig almal aan om te begin herwin.

Besoek http://fichardtpark.org/af/meer-oor-ons/dienste/herwinning/ om uit te vind wat herwin kan word.


Southern Centre Safari Avontuur

Begin November het Southern Sentrum ‘n drie-maande veldtog af geskop vol opwinding met verskeie aktiwiteite wat aangebied word in die sentrum. Kom saam met Southern Sentrum op ‘n avontuur en staan ‘n kans om ‘n luukse naweek vir vier na ‘n game lodge te wen vir jou en jou familie. Volg die leidrade op die inskrywingsvorm wat beskikbaar is by die hoofingang van die sentrum om die 10 diere te vind wat in die winkels weg gesteek is, lys jou antwoorde op die inskrywingsvorm en gooi dit in die kompetisie boks.

Die kompetisie sluit die 20ste Desember 2020 om 12nm

Wanneer jy die Fees-seisoen jou inkopies by Southern Sentrum kom doen, wees op die uitkyk vir die vriendelike Safari Elfies wat tydens die Kerstydperk in die sentrum gaan wees om hulp te verleen en te verseker dat elke inkopie ervaring ‘n plesier is!

‘n Gratis toedraai stasie vir alle geskenke gekoop in die sentrum sal beskikbaar wees elke naweek van Desember tot en met Kersfees.

Woon ook die gratis Doen-Dit-Jouself werkswinkel by op die 12de Desember en kom vind ispirasie vir al jou projekte die vakansie. Dan in Januarie is daar vir die jong span ‘n Terug-Skool-Toe kompetisie waar fantastiese skool geskenkpakke gewen kan word.

Volg die Southern Centre Facebook blad vir inligting oor die veldtog en vele meer!

https://www.facebook.com/SouthernCentreBloemfontein/



Lees meer

Nuusbrief Oktober 2020

Misdaad aangemeld in Oktober 2020

Inbrake by residensiële perseleNew-FNA-Logo

  • Amie Pretoriusstraat
  • Willie Du Plessisweg
  • Jan Enslinlaan

Diefstal uit ‘n motorvoertuig

  • Duffstraat

Diefstal vanuit ‘n motorvoertuig

  • Crawfordsingel

Inbraak by sakepersele

  • Liebenbergstraat

Diefstal van ‘n motorvoertuig

  • Rautenbachstraat

Ons is Best of Bloemfontein wenners!

Baie dankie aan almal wat bygedra het tot ons sukses!

Ons is gekies as die wenner in die Best Neighbourhood Association/Watch in Bloemfontein vir die jaar 2020. Die wenners van al die kategoriëe is verkies deur die Courant lesers.

Ons streef daarna om ‘n proffesionele en volhoubare diens te lewer vir alle Fichardtpark inwoners.

Best_of_Bloemfontein

Banner


Kleur in saam met die FWA!New-FNA-Logo

Kleur hierdie prentjie in en staan ‘n kans om ‘n verrassingspakkie te wen. Stuur die prentjie in voor of op 20 November 2020. Die wenner sal aangekondig word in die volgende nuusbrief.

Onthou om jou naam en kontakbesonderhede by te voeg.

Die ingekleurde prentjie kan ingestuur word na Nadia by fwafna8@gmail.com


Die FWA verleen hulp aan individue in nood wat geraak is deur die brande in die Vrystaat

DonationsOns het Saterdag, 24 Oktober 2020, kospakkies gaan aflewer in Pellisier by Trots Pellisier. Die pakkies sluit noodsaaklike goedere o.a. blikkieskos, koffie, koekies, tee, suiker en melk ens.

Die skenkings sal oorhandig word aan organisasies wat direk betrokke is by die bystand van indivudue wat deur die brande geraak is.

Ons toon innige meegevoel aan die persone wat deur die moeilike tyd gaan.

 


Lees meer